Wednesday, July 29, 2009

n Nuwe begin

Die berghond is bly een van Suid Afrika se grooste vyande Jackie Selebi,se termyn kom tot n einde die week en daar gaan n nuwe kommisaris aangewys word.Jackie die berghond gaan jou nie mis nie.Jyt bloed op jou hande ,die ding is nie dat ek nie van jou hou nie,dis net jys incompetant en oneerlik.Jys basies n goeie handleiding vir wat n polisie kommisaris nie moet wees nie.,so dalk kan ons jou vir iets gebruik.
Van Jackie se hoogtepunte is toe hy n brainwave gekry het en al die spesialis eenhede in die polisie afgeskaf het en die effektiwiteit van die polisie verminder het.Verder was Jackie ook bekend vir sy uitbarstings op vergaderings waar hy mense met minagting behandel het en sy groot power game van korrrupsie en leuns voortgesit het.
Die berghond het op n stadium gedink jys pregnant maar iemand het my reg gehelp,jys net dik.So anyway daars die deur jou dikgat.Skiet!

Friday, July 24, 2009

Die berghond verkeerd bewys deur regering



Die berghond wil ook net sy skok uitpreek oor die voorval wat gister by Whitey se winkel plaasgevond het.Dit was toe nie honger mense in plakkers kampe nie,maar al die tyd n bende rowers wat die winkel binne geval het het die regering gister gese.

Die berghond kan dit al sien.hierdie ouens is pro's.Ek bedoel dit is duidelik dat hulle in detail moes beplan het watter lede vir die brood ,blikkies kos en melk sou gaan.Hierdie skaars items kon net deur n hoogs georganiseerde bende gedoen gewees het.Dit laat die berghond wonder of hierdie bende weer gaan toeslaan .Jong as ek die SAPD is sit ek dadelik die kiewiete ,ag sorry,die valke op hierdie saak.Ek self gaan dadelik na die Guru Belhamel vir raad.To the Behamel boat men!!!

Paul

Lyk my regter Sandile Ngcobo is die nuwe gunsteling vir die pos van hoofregter van die Concourt .Nou dink die berghond dadelik aan een van Suid Afrika se helde,n man wat nog altyd geveg het om transformasie en eerlikheid as prioriteit vir ons regbank daar te stel ,Paul Ngobeni.Jy sien Paul is aan die spits van die groep wat bekend staan as die "Hlophe ondersteuners groep".Nou moet julle verstaan dat Paul net die beste vir SA se regsbank wil he.Ek bedoel kyk na Paul se agtergrond en julle sal dadelik sien van watse stofasie hy gemaak is .
Julle het my ,maar onthou daai voorvalle in amerika was n "racist third forsce" wat teen tranformasie is.Daai bleddie "racists" wat Paul beskuldig van diefstal in Amerika moet gekeer word.En nie eers gepraat van die keer toe hulle hom beskuldig het dat hy sy kwalifikasie as "Doctor" by UCT vervals het nie.Kyk hys n geleerde man wat vir UNISA gese het dat hy nie sy LLB gaan klaarmaak nie want hy het reeds genoeg regs kennis opgedoen in sy eerste jaar.
Paul in you we trust.Veral as dit by kakpraat en leuns kom.
Okey Paul ek het n voorstel ,kry vir Jackie Selebi ook n lekker job .Ek kan dit al sien, Jackie Selebi vir regter.Wow hoekom het ek nie vroeer hieraan gedink nie,dan kan Jackie sommer sy eie saak hanteer.Paul moenie se dat die berghond julle nooit help nie.

Propaganda

Ek het terloops gister met die Berghond gepraat oor Edward Bernays se Propaganda, 'n boek van 1928 wat al groot berugtheid verwerf het onder dophouers van sameswering. Dié boek is hier aanlyn; lees hom, hy's kort.

Soos baie boeke, onder andere Friedrich von Hayek se Road to Serfdom, was die boek self baie minder afstootlik as wat sy reputasie my laat verwag het. Bernays was duidelik oortuig van die noodsaaklikheid van propaganda om die uiteenlopende idees van lede van 'n moderne samelewing in bestuurbaar klein getal rigtings te druk, so dis moelik om hom kwalik te neem vir die vreesaanjaende dimensies wat die kapitalistiese propaganda aangeneem het in die 70 jaar sedert sy skrywe.

Een paragraaf van Bernays het my getref as 'n handige slagspreuk vir almal van ons wat die wêreld wil verander:

whether, in any instance, propaganda is good or bad depends upon the merit of the cause urged, and the correctness of the information published.

Dis hoe dit is. Pleks daarvan dat ons neerslagtig op ons gatte sit en kla oor hoe die offisiere van die doodsisteem propagnada missbruik vir hul vieslike doeleindes, behoort ons aktief besig te wees met ons eie propaganda-pogings. Praat. Blog. Skryf 'n brief vir die fokken redakteur. Kry jou ideed en oortuigings in die gedagtesfeer. Dis oor teenstrydige stemme so sag is dat die heersers se boodskap so floreer.

Soos Bernays elders sê: "truth is mighty, and must prevail".

Die ou storie



In verband met die inbrake by Shoprite gister - ek sien die regering was vinnig om te beweer dié onluste is deur misdadigers gekaap. 'n Siniese waarnemer sou vergewe word as hy gedink het dié bewering is ternouernood van die rak af gehaal om te probeer keer dat ons, die ordentlike, wetsgehoorsame burgers, met die honger stropers identifiseer.

Ek dink eintlik dis 'n goeie teken, dat die kapitalistiese stelsel by 'n tipping point gekom het, 'n plek waar verandering meer waarskynlik geraak het as behoud.

Ons in Suid Afrika het gelukkig 'n edel voorbeeld om te volg: twintig jaar gelede moes ons leiers kies tussen 'n tronkstaat en die opgee van hulle eie mag, toe kies hulle reg. Ons kan maar net hoop die huidige geslag kies weer reg.

Thursday, July 23, 2009

Thabo

Die woorde van Nic Borain n onafhanklike analis laat wonder berghond of Nic dinge in perspektief sien,"This was always going to be a problem with a pro -poor goverment coming to power at the height of the global recession."Nic so jy se n regering wat pro -poor is kan onmoontlik nie die probleme oplos nie.Fok Nic die regering is nog nie eers ses maande in die stoel nie en jy verlang terug na Thabo.Ek dink die probleme in die land is mense soos Nic wat met sy mentaliteit van ons en "hulle"(die swart mense in plakkers kampe) probeer om ons te oortuig dat n regering met kommuniste en vakbonde sleg vir Suid Afrika is.
Wel dalk gaan daar n paar dinge wees wat nou nie heeltemal in jou kraal is nie ,maar Nic glo my dat ons in n groot mate moet dankie se vir Thabo ,Trevor en sy vriende vir hulle magic School.Ja jyt reg gehoor.Jy onthou mos Nic daai een trick wat hulle gedoen het saam met die gehoor.Dit het so gewerk ek weet jy gaan onthou.Jy vat n klomp arm mense in n plakkerskamp ne?Dan vertel jy vir almal dat jy besig is om te werk aan hulle probleme.Dan begin jy en jou vriende ryk maak deur die land plat te steel en as jy klaar is steel jy nog.Dan vat die towenaar Thabo sy tower steel en slaan die hoed en skielik is sy kantoor deur gesluit en niemand kan met Thabo praat vir 10 jaar nie.As die Trick verby is kan mens dit nie glo nie,dit het gewerk ,die arm mense het verdubbel.Ek vir een is impressed met sulke skill.
Kyk Trevor was self goed met toor ,veral n paar kunsies met wit mense .Jy vat n klomp wit mense na apartheid reg,jy weet hulle is ongelukkig so jy sorg dat die ekonomie lekker is vir die middel klas.Skielik is Sa nie meer so sleg nie,daars hoop, ons almal waai vlaggies,sing Shoshaloza en se Dat Trevor n lekker oudjie is.Dit gaan ewskielik so lekker dat selfs die wit mense wat "demokrasie" as n moed beskou, van mening is dat Thabo vir nog n termyn moet staan want JZ moet net nie president raak nie,want hys n dief en verkragter wat saam met kommuniste uit hang .Skielik vertel wit mense ons moet hom keer, Thabo moet bly,maak nie saak of dit teen die grondwet is nie.Want jy sien vir wit mense is die grondwet net belangrik as dit hulle pas.
Maar dankie tog hoor die berghond ons is ontslae van Thabo.
So Nic ja ons regering is pro poor.As Thabo Pro-poor was vir tien jaar sou ons nie nou met hierdie kak gesit het nie en ook nie met JZ nie.Thabo het JZ geskep jou tiet.

die opstand

Berghond het gehoor van die mense wat whitey se winkel in Durban ingeval het.Moet se eks verbaas oor dit nou eers gebeur het.Die mense is moeg vir al die kakstories en die ryk mense wat net nogmeer vat .Die berghond is aan die kant van hulle wat besef dat die wereld beter sal wees as dit verander het.Die siteem het ons misluk.Die vorm van kapitalisme het ons misluk,gee ons n alternatief?Ek dink ek sal my guru Belhamel moet vra vir raad oor my probleem.Hy sal my dalk kan help met n alternatief.To the Belhamel boat men!!!

die regte pad

Die berghond hoor dat Regter John Hlophe homself nomineer vir die pos van hoofregter.Hys n ware man van die mense soos wat hulle in die pers verklaar ,swaar lewe gehad.Jissie dis nou n storie.Die man is opgevoed in Cambridge en het n voorliefde vir wynmaak en jag.Ek wil net dadelik se dat ek as berghond skouer aan die wiel gaan sit om te keer dat nog mense bloot gestel word aan die brutaliteit van Cambridge en veral die evils van wynmaak en jag van jakkalse .Ek sal nie slaap voor daai slawe plaas Cambridge Universiteit afgebrand is nie.Ek weet nou al dat Belhamel my persoonlik Engeland toe sal roei met sy boot,To the Belhamel boat men!!!!

the fog of war

Julle sal opmerk dat die naam Stefano soms gebruik word,dis n naam wat die guru Belhamel soms gebruik om onder die radar te bly,maar moenie worry nie wereld,hys hier die Belhamel...Agter die mis.
Ek dra die smet van die verset teen menswees in my om,
En elkeen erf dié stil verderf deur nà aan my te kom.

die berghond se nuwe begin

Ja die berghond het in die woenstuin geloop en n Guru met die naam Stefano raak geloop en hom vertel dat die status que verkeerd is en dat ons dinge moet regstel.Hierdie is ons storie.Die berghond en Stefano.....(jammer vir die warm aap in China,ons sal baklei vir jou)