Friday, July 24, 2009

Propaganda

Ek het terloops gister met die Berghond gepraat oor Edward Bernays se Propaganda, 'n boek van 1928 wat al groot berugtheid verwerf het onder dophouers van sameswering. Dié boek is hier aanlyn; lees hom, hy's kort.

Soos baie boeke, onder andere Friedrich von Hayek se Road to Serfdom, was die boek self baie minder afstootlik as wat sy reputasie my laat verwag het. Bernays was duidelik oortuig van die noodsaaklikheid van propaganda om die uiteenlopende idees van lede van 'n moderne samelewing in bestuurbaar klein getal rigtings te druk, so dis moelik om hom kwalik te neem vir die vreesaanjaende dimensies wat die kapitalistiese propaganda aangeneem het in die 70 jaar sedert sy skrywe.

Een paragraaf van Bernays het my getref as 'n handige slagspreuk vir almal van ons wat die wêreld wil verander:

whether, in any instance, propaganda is good or bad depends upon the merit of the cause urged, and the correctness of the information published.

Dis hoe dit is. Pleks daarvan dat ons neerslagtig op ons gatte sit en kla oor hoe die offisiere van die doodsisteem propagnada missbruik vir hul vieslike doeleindes, behoort ons aktief besig te wees met ons eie propaganda-pogings. Praat. Blog. Skryf 'n brief vir die fokken redakteur. Kry jou ideed en oortuigings in die gedagtesfeer. Dis oor teenstrydige stemme so sag is dat die heersers se boodskap so floreer.

Soos Bernays elders sê: "truth is mighty, and must prevail".

No comments:

Post a Comment