Friday, July 24, 2009

Paul

Lyk my regter Sandile Ngcobo is die nuwe gunsteling vir die pos van hoofregter van die Concourt .Nou dink die berghond dadelik aan een van Suid Afrika se helde,n man wat nog altyd geveg het om transformasie en eerlikheid as prioriteit vir ons regbank daar te stel ,Paul Ngobeni.Jy sien Paul is aan die spits van die groep wat bekend staan as die "Hlophe ondersteuners groep".Nou moet julle verstaan dat Paul net die beste vir SA se regsbank wil he.Ek bedoel kyk na Paul se agtergrond en julle sal dadelik sien van watse stofasie hy gemaak is .
Julle het my ,maar onthou daai voorvalle in amerika was n "racist third forsce" wat teen tranformasie is.Daai bleddie "racists" wat Paul beskuldig van diefstal in Amerika moet gekeer word.En nie eers gepraat van die keer toe hulle hom beskuldig het dat hy sy kwalifikasie as "Doctor" by UCT vervals het nie.Kyk hys n geleerde man wat vir UNISA gese het dat hy nie sy LLB gaan klaarmaak nie want hy het reeds genoeg regs kennis opgedoen in sy eerste jaar.
Paul in you we trust.Veral as dit by kakpraat en leuns kom.
Okey Paul ek het n voorstel ,kry vir Jackie Selebi ook n lekker job .Ek kan dit al sien, Jackie Selebi vir regter.Wow hoekom het ek nie vroeer hieraan gedink nie,dan kan Jackie sommer sy eie saak hanteer.Paul moenie se dat die berghond julle nooit help nie.

No comments:

Post a Comment