Friday, July 24, 2009

Die ou storie



In verband met die inbrake by Shoprite gister - ek sien die regering was vinnig om te beweer dié onluste is deur misdadigers gekaap. 'n Siniese waarnemer sou vergewe word as hy gedink het dié bewering is ternouernood van die rak af gehaal om te probeer keer dat ons, die ordentlike, wetsgehoorsame burgers, met die honger stropers identifiseer.

Ek dink eintlik dis 'n goeie teken, dat die kapitalistiese stelsel by 'n tipping point gekom het, 'n plek waar verandering meer waarskynlik geraak het as behoud.

Ons in Suid Afrika het gelukkig 'n edel voorbeeld om te volg: twintig jaar gelede moes ons leiers kies tussen 'n tronkstaat en die opgee van hulle eie mag, toe kies hulle reg. Ons kan maar net hoop die huidige geslag kies weer reg.

No comments:

Post a Comment