Wednesday, July 29, 2009
n Nuwe begin
Van Jackie se hoogtepunte is toe hy n brainwave gekry het en al die spesialis eenhede in die polisie afgeskaf het en die effektiwiteit van die polisie verminder het.Verder was Jackie ook bekend vir sy uitbarstings op vergaderings waar hy mense met minagting behandel het en sy groot power game van korrrupsie en leuns voortgesit het.
Die berghond het op n stadium gedink jys pregnant maar iemand het my reg gehelp,jys net dik.So anyway daars die deur jou dikgat.Skiet!
Friday, July 24, 2009
Die berghond verkeerd bewys deur regering

Die berghond wil ook net sy skok uitpreek oor die voorval wat gister by Whitey se winkel plaasgevond het.Dit was toe nie honger mense in plakkers kampe nie,maar al die tyd n bende rowers wat die winkel binne geval het het die regering gister gese.
Die berghond kan dit al sien.hierdie ouens is pro's.Ek bedoel dit is duidelik dat hulle in detail moes beplan het watter lede vir die brood ,blikkies kos en melk sou gaan.Hierdie skaars items kon net deur n hoogs georganiseerde bende gedoen gewees het.Dit laat die berghond wonder of hierdie bende weer gaan toeslaan .Jong as ek die SAPD is sit ek dadelik die kiewiete ,ag sorry,die valke op hierdie saak.Ek self gaan dadelik na die Guru Belhamel vir raad.To the Behamel boat men!!!
Paul
Julle het my ,maar onthou daai voorvalle in amerika was n "racist third forsce" wat teen tranformasie is.Daai bleddie "racists" wat Paul beskuldig van diefstal in Amerika moet gekeer word.En nie eers gepraat van die keer toe hulle hom beskuldig het dat hy sy kwalifikasie as "Doctor" by UCT vervals het nie.Kyk hys n geleerde man wat vir UNISA gese het dat hy nie sy LLB gaan klaarmaak nie want hy het reeds genoeg regs kennis opgedoen in sy eerste jaar.
Paul in you we trust.Veral as dit by kakpraat en leuns kom.
Okey Paul ek het n voorstel ,kry vir Jackie Selebi ook n lekker job .Ek kan dit al sien, Jackie Selebi vir regter.Wow hoekom het ek nie vroeer hieraan gedink nie,dan kan Jackie sommer sy eie saak hanteer.Paul moenie se dat die berghond julle nooit help nie.
Propaganda

Ek het terloops gister met die Berghond gepraat oor Edward Bernays se Propaganda, 'n boek van 1928 wat al groot berugtheid verwerf het onder dophouers van sameswering. Dié boek is hier aanlyn; lees hom, hy's kort.
Soos baie boeke, onder andere Friedrich von Hayek se Road to Serfdom, was die boek self baie minder afstootlik as wat sy reputasie my laat verwag het. Bernays was duidelik oortuig van die noodsaaklikheid van propaganda om die uiteenlopende idees van lede van 'n moderne samelewing in bestuurbaar klein getal rigtings te druk, so dis moelik om hom kwalik te neem vir die vreesaanjaende dimensies wat die kapitalistiese propaganda aangeneem het in die 70 jaar sedert sy skrywe.
Een paragraaf van Bernays het my getref as 'n handige slagspreuk vir almal van ons wat die wêreld wil verander:
Die ou storie

In verband met die inbrake by Shoprite gister - ek sien die regering was vinnig om te beweer dié onluste is deur misdadigers gekaap. 'n Siniese waarnemer sou vergewe word as hy gedink het dié bewering is ternouernood van die rak af gehaal om te probeer keer dat ons, die ordentlike, wetsgehoorsame burgers, met die honger stropers identifiseer.
Ons in Suid Afrika het gelukkig 'n edel voorbeeld om te volg: twintig jaar gelede moes ons leiers kies tussen 'n tronkstaat en die opgee van hulle eie mag, toe kies hulle reg. Ons kan maar net hoop die huidige geslag kies weer reg.
Thursday, July 23, 2009
Thabo
Wel dalk gaan daar n paar dinge wees wat nou nie heeltemal in jou kraal is nie ,maar Nic glo my dat ons in n groot mate moet dankie se vir Thabo ,Trevor en sy vriende vir hulle magic School.Ja jyt reg gehoor.Jy onthou mos Nic daai een trick wat hulle gedoen het saam met die gehoor.Dit het so gewerk ek weet jy gaan onthou.Jy vat n klomp arm mense in n plakkerskamp ne?Dan vertel jy vir almal dat jy besig is om te werk aan hulle probleme.Dan begin jy en jou vriende ryk maak deur die land plat te steel en as jy klaar is steel jy nog.Dan vat die towenaar Thabo sy tower steel en slaan die hoed en skielik is sy kantoor deur gesluit en niemand kan met Thabo praat vir 10 jaar nie.As die Trick verby is kan mens dit nie glo nie,dit het gewerk ,die arm mense het verdubbel.Ek vir een is impressed met sulke skill.
Kyk Trevor was self goed met toor ,veral n paar kunsies met wit mense .Jy vat n klomp wit mense na apartheid reg,jy weet hulle is ongelukkig so jy sorg dat die ekonomie lekker is vir die middel klas.Skielik is Sa nie meer so sleg nie,daars hoop, ons almal waai vlaggies,sing Shoshaloza en se Dat Trevor n lekker oudjie is.Dit gaan ewskielik so lekker dat selfs die wit mense wat "demokrasie" as n moed beskou, van mening is dat Thabo vir nog n termyn moet staan want JZ moet net nie president raak nie,want hys n dief en verkragter wat saam met kommuniste uit hang .Skielik vertel wit mense ons moet hom keer, Thabo moet bly,maak nie saak of dit teen die grondwet is nie.Want jy sien vir wit mense is die grondwet net belangrik as dit hulle pas.
Maar dankie tog hoor die berghond ons is ontslae van Thabo.
So Nic ja ons regering is pro poor.As Thabo Pro-poor was vir tien jaar sou ons nie nou met hierdie kak gesit het nie en ook nie met JZ nie.Thabo het JZ geskep jou tiet.